EGIPTE. – Volgens Hamas het dit ‘n lys name van Palestynse gevangenes vrygestel wat in ruil vir Israeliese gyselaars vrygelaat moet word. Hamas het ook gesê dit is positief oor die vredesamesprekings oor Donald Trump se plan om die oorlog in Gasa te beëindig.
Lees ook: Vredesamesprekings in Egipte duur voort op tweede herdenking van begin van Israel-Hamas oorlog
Die vredesamesprekings gaan vir ‘n derde dag in Egipte aan en fokus op die meganismes om die konflik te stop, die onttrekking van die Israeliese weermag uit Gasa en die ooreenkoms om gyselaars vir gevangenes te ruil.
Hamas het die vrylating van Marwan Barghouti as deel van die ooreenkoms geëis. Hy is vyf lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir sy deel in die beplanning van aanvalle wat vyf burgers tydens die tweede Palestynse “intifada” gedood het.
Khalil al-Hayya, die leier van Hamas se onderhandelingspan, het gesê die groep het “regte waarborge” nodig vir ‘n langdurige skietstilstand. Benjamin Netanayahu, die eerste minister van Israel, het reeds ingestem tot Trump se plan. Volgens sy kantoor is Israel positief oor die samesprekings en Trump se plan, wat reeds deur albei partye goedgekeur is.
Bronne: Euronews, CNN, Channel News Asia
Lees ook: Vredesamesprekings in Egipte duur voort op tweede herdenking van begin van Israel-Hamas oorlog





