Lees ook: Hamas skiet gyselaar dood en wond nog
TEL AVIV. – Hamas het gister twee M90-vuurpyle op Tel Aviv afgevuur. Volgens die Israeliese weermag het Hamas die vuurpyle gevuur van naby die humanitêre hulproete in Khan Younis.
Die Israeliese weermagwoordvoerder het ’n video op X geplaas waarin hy beweer Hamas-terroriste in siviele klere het vuurpyle vanuit die humanitêre sone in Khan Younis gevuur.
Niemand is in die voorvalle beseer nie. Een van die vuurpyle het in die see geland en die ander een kon nie die Israeliese gebied bereik nie.
Gevangenes in Lebanon is ontruim weens kommer oor ’n aanval deur Iran. Vrese bestaan dat Iran Israel nog die week gaan aanval uit weerwraak vir die dood van Hamas- en Hezbollah-leiers in Beiroet en Tehran.
Hamas terrorists continue to terrorize Israelis and endanger the Gazans around them.
— LTC Nadav Shoshani (@LTC_Shoshani) August 14, 2024
This is a video showing how Hamas terrorists, dressed in civilian clothing, launched two rockets towards central Israel yesterday from a humanitarian area.
Once again, Hamas is putting Gazan… pic.twitter.com/Sanyw0sjiZ
Bronne: The Jerusalem Post. X, The Times of Israel, Euronews
Lees ook: Hamas skiet gyselaar dood en wond nog





