Handré en Marise Pollard se seuntjie gebore

Lees ook :

Handré en Marise Pollard se seuntjie gebore. Foto's: Instagram

Die Springbok-rugbyspeler Handré Pollard en sy vrou Marise, se seuntjie is Donderdag 25 April gebore.

Volgens Marise se Instagram-blad het Hunter André Pollard 3.6 kg geweeg en was hy 52 cm lank by geboorte. Sy beskryf hom as hulle grootste seëning.

Die sangeres Karlien van Jaarsveld is een van vele bekendes wat hulle gelukgewens het. “Geluk julle! Geniet hom!”

Simoné Nortman skryf sy het twee jaar gelede gedroom die paartjie kry ’n seuntjie. “Hier is hy nou! Baie geluk en geniet daai cuddles!”

Bron: Marise Pollard Instagram

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief