Hansie Galloway staan interdik teen

Lees ook :

Hansie Galloway wat volgens hom en sy advokaat op 7 Maart onregmatig in hegtenis geneem is, het vandag weer in die hof verskyn.

Die interdik volg nadat Galloway na bewering sy huidige vriendin se negejarige dogter seksueel aangerand het. *Annie, die ouma en voog van die meisie, het die interdik in Junie 2018 namens die familie verkry. Hulle het die saak teen Galloway  gemaak omdat hulle bang is vir hom. Die kind was vier tydens die beweerde misdryf.

Galloway is op 15 Maart vrygelaat nadat dit bevind is dat die interdik teen hom nie die regte inligting bevat nie.

Volgens die klaagster wat Galloway laat arresteer het nadat hy haar met sy verskyning op 7 Maart dreigemente en lelike woorde toegesnou het, blameer sy die staat vir die terugtrekking van die interdik. “Die interdik wat deur die hof uitgereik is, is foutief omdat slegs van voorletters en vanne op die interdik gebruik gemaak is.”

Die klaer en haar ma het op 15 Maart weer aansoek gedoen vir ‘n nuwe interdik, dié keer met die name voluit op die interdik.

Galloway beweer dat die interdik vervals was omdat Annie nie self die interdik geteken het nie, maar die klaer. “My ma was op die dag wat die interdik geteken moes word siek in die bed. Ek het aan die hof verduidelik dat dit ernstig is en die hof het ingestem dat ek namens my ma mag teken.”

Tydens die hofsaak op 15 Maart het adv. Mafaro gesê sy kliënt is opsetlik en wederregtelik te na gekom. “My kliënt het nege dae agter tralies gesit, vir wat?”

Hy het aangevoer dat hy al op meer as een geleentheid vir die hof gevra het om die dokument van die saak te trek. “Daardeur sou die hof gesien het dat daar geen klagtes was nie.”

Die interdiksaak is uitgestel tot 10 April omdat Annie se prokureur nie teenwoordig was nie.

Galloway staar steeds ‘n saak van seksuele aanranding in die gesig. Hy moet dus op  23 Mei weer in die hof verskyn wanneer die saak gaan begin.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief