Jong model droom van internasionale status

Lees ook :

F.P Dauth (13) het al op die ouderdom van 12 besluit dat hy ‘n model wil wees.

Nadat F.P vir sy ma, Zonja Dauth, gesê het hy wil graag modelwerk doen, het sy hom 100% ondersteun en saam het hulle begin soek na ‘n modelskool.  F.P is vir die afgelope nege maande een van die modelle by Jean-Marie Spicer se Vogue Models. “Jean-Marie het hom onder haar vlerk geneem. Sy is ‘n fantasties mens,” sê Zonja.

Toekennings

Gedurende die Maart-vakansie het F.P aan die Elite Suid-Afrika-kompetisie in Klerksdorp deelgeneem, waar hy die titels ingeryg het. Hy het 12 toekennings en ‘n beker ontvang vir:

Mr Elite Suid-Afrika Publiek se keuse Top 5 – 5de plek (Oktober)

Mr Elite Suid-Afrika Publiek se keuse Top 5 – 3de plek (November)

Mr Elite Suid-Afrika Publiek se keuse Top 5 – 2de plek (Desember)

Mr Elite Suid-Afrika Publiek se keuse Top 5 – 3de plek (Januarie)

Mr Elite Suid-Afrika Publiek se keuse Top 5– 2de plek (Februarie)

Mr Elite Suid-Afrika Publiek se keuse Top 5– wenner (Maart)

MR Elite Suid-Afrika Publiek se keuse Top 5 algehele eerste prins

Mr Elite Suid-Afrika Entrepreneur – wenner

Mr Elite Suid-Afrika Grand Ambassadeur – wenner

Mr Elite Suid-Afrika Mister of Grace -wenner

Mr Elite Suid-Afrika Noord-Kaap wenner

Mr Elite Suid-Afrika 2019 – 3de prins.

Zonja vertel dat F.P teen volwasse mans en seuns moes kompeteer. “F.P moes teen mans meeding wat gesien word as pro’s.”

Sy hoogste prestasies tot dusver was toe hy as Mnr. Junior Noord-Kaap 2019 en Top Model Suid-Afrika aangewys is

“Sy droom is om aan ‘n internasionale kompetisie te kan deelneem.”

Liefdadigheid

F.P. vertel dat sy liefde vir modelwerk heelwat verder sterk as net om op die loopplank te wees. “Ek geniet dit baie om liefdadigheidswerk te doen. Ek besoek  gereeld kinderhuise.”

In Desember het F.P ook teddies by verskeie hospitale en kinderhuise gaan afgee.

Nie altyd maklik

Alhoewel F.P. ‘n  goeie sportman is en sy rugby geniet, het hy besluit sy liefde vir modelwerk en die loopplank is groter.



Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief