WES-KAAP. – Wappie Pretorius, oftewel Willem Andries Petrus Pretorius, probeer om Buster, wat vir die afgelope ses jaar in Irak gewerk en nou op pensioen is, huis toe na hom in Oudtshoorn te bring.
‘n Skarebefondsingprofiel is oopgemaak om Buster na veilige aftrede te bring, nadat hy en sy hanteerder sy-aan-sy in vele hoërisikogebiede gewerk en die veiligheid van ander verseker het. Die doel is nou om vir Buster in gemak met ondersteuning van sy hanteerder en sy familie te laat rus.
Dit is egter ‘n finansiële onbegonne taak om Buster van Irak na Oudtshoorn te bring en om na sy gesondheid tydens so ‘n rit om te sien. Dit is waarom die BackaBuddy-profiel vir Pretorius en Buster geskep is, om die paar wat reeds saam soveel deurgemaak het, met mekaar te herenig.
Indien enigiemand vir Buster, wat langs Pretorius beskerm en gedien het, na sy aftrede kan help, kan hulle op die skakel hier bo of hier onder druk en meer lees.





