Lees ook: Prins William sal nou prins Harry se ou weermagregiment lei
Prins Harry en Meghan Markle se liefdadigheidsorganisasie is in die moeilikheid oor onbetaalde fooie.
Die fooie om die Archewell Foundation te hernu, is nooit betaal nie. Die liefdadigheid het ook glo nie hulle jaarlikse verslae ingedien nie.
Dit kan veroorsaak dat die liefdadigheid moet ophou geld insamel, beboet word of hulle registrasie word teruggetrek.
The Daily Telegraph het berig die paar het ‘n “tjek vir die geld gestuur wat nooit daar aangekom het nie”. Hulle het berig ‘n “tweede tjek is gestuur om die saak binne dae op te klaar”.
Bronne: The Independent, Sky News, The New Daily
Lees ook: Prins William sal nou prins Harry se ou weermagregiment lei





