Hartseer tonele by skool na ses meisies sterf

Lees ook :

Foto's: Freestate Provincial Government

Foto’s: Free State Provincial Government

VRYSTAAT. – Hoërskool Riebeeckstad is in rou nadat ses meisies in gr. 8 gistermiddag onderweg van ‘n sportbyeenkoms af in ‘n ongeluk op die R70-pad oorlede is.

Die bus waarin die meisies gery het, het gerol en buiten die oorledenes is meer as 40 meisies beseer.

Makalo Mohale, die LUR vir onderwys in die provinsie, is vanoggend by die skool en die atmosfeer by die skool, waar ouers van die oorledenes vanoggend byeengekom het, is as somber beskryf.

By die skool se ontvangsarea is kerse aangesteek en telefone lui onophoudelik. Onderwysers en leerders van die skool is openlik in trane oor maats wat gesterf het.

Mohale is deur emosie oorval terwyl hy met die skoolhoof gepraat het en hy kon nie sy trane keer nie. Volgens die verklaring van die besoek aan die skool op die Free State Provincial Government se Facebook-blad het die LUR se trane ‘n kettingreaksie veroorsaak en almal was in trane.

Maatskaplike werkers was teenwoordig en kon ondersteuning bied.

“What happened to our learners is absolutely devastating and we share in the pain of the teachers but most importantly, the learners. It is truly overwhelming but we are hopeful that the school will emerge from this tragedy even stronger. May the souls of our dearly departed children find eternal rest and we wish the injured a speedy recovery,” sê LUR Mohale ter afsluiting.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Ses gr. 8-leerders van Hoërskool Riebeeckstad is gistermiddag oorlede toe ‘n bus waarin hulle gery het naby Ventersburg gerol het.

Palesa Chubisi, woordvoerder van die premierskantoor in die provinsie, sê die ongeluk het op die R70-pad, ongeveer 30 km van Ventersburg plaasgevind.

Ongeveer 58 meisies van die skool was by ‘n sportfunksie vir meisies by Moolmanshoek. Van die meisies wat passasiers op die bus was is ses op die ongelukstoneel dood verklaar. Nog vier meisies is ernstig beseer, agt het matige beserings opgedoen en 40 is lig beseer.

Die beseerde meisies is na hospitale in Welkom en Senekal geneem.

Volgens Veldbrand Radio is die oorsaak van die ongeluk ‘n wiel wat losgekom het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief