Harvey Weinstein word derde keer verhoor oor verkragtingklagte

Lees ook :

Harvey Weinstein word derde keer verhoor oor verkragting aanklagte fotokrediet: X

NEW YORK, VSA. – Harvey Weinstein gaan vir ’n derde keer verhoor moet word oor die aanklagte van verkragting teen hom ná een jurielid geweier het om met die verhoor voort te gaan.

Lees ook: Harvey Weinstein skuldig bevind in nuwe verhoor

Die jurievoorsitter het hierdie week gesê die lede is besig om mekaar “aan te val” en probeer mekaar sover kry om hulle mening te verander. Hy het Woensdag vir die regter gesê “minstens een jurielid het kommentaar gehad met die strekking van ‘ek sal jou eendag buite ontmoet’ en hulle skree op mekaar”.

Die voorsitter het Donderdag geweier om voort te gaan met die verhoor omdat hy gevoel het die ander jurielede knou hom af. Die regter het beslis die verhoor vir die verkragtingaanklag wat deur aktrise Jessica Mann teen Weinstein gelê is, sal weer moet plaasvind.

Weinstein is skuldig bevind aan die seksuele aanranding van Miriam Haley, maar is vrygespreek op die klag van seksuele aanranding van Kaja Sokola.

Die regter het beslis verrigtinge vir die nuwe verhoor sal op 2 Julie hervat word.

Bronne: BBC, NBC News, Los Angeles Times

Lees ook: Harvey Weinstein skuldig bevind in nuwe verhoor

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief