Helikopter stort neer, twee dood

Lees ook :

DURBAN. – Nooddienste het nou net bekend gemaak twee mense is dood toe ‘n helikopter vanoggend om 08:46 in die Umgeni-rivier langs die N2 in Springfield neergestort het.

Netcare 911 en verskeie ander nooddienste is op die toneel. “Toe die paramedici op die toneel aankom, was die helikopter gedeeltelik onder water,” sê Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder.

Die vlieënier en passasier het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Geen ander inligting is nou al bekend nie.

LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief