NOORD-KAAP. – AJ Olivier (21) is sedert 30 April omstreeks 18:00 op Kakamas vermis.
Kapt. Nelis Prins sê Olivier het sy huis op Kakamas met sy wit Toyota Etios met registrasienommer CHF730NC verlaat en is sedertdien nog nie weer gesien nie.
Enigiemand met inligting oor waar Olivier moontlik kan wees, word gevra om lt.kol. Nico Maree van Kakamas-speurtak by 082 448 4439 te bel.





