Die NaTIS-aanlynplatform maak dit maklik om motorlisensies elektronies te hernu. Bestuurders kan die dokument binne 3 tot 5 werksdae per koerier ontvang en die lang toue by lisensiekantore vermy.
Motoriste word daaraan herinner dat dit ‘n strafbare oortreding is om sonder ’n geldige voertuiglisensieskyf te bestuur. Volgens die wet kan motoriste wat sonder ’n geldige skyf gevang word, met ’n boete gestraf word. Die publiek word dus gemaan om hulle voertuiglisensies betyds te hernu.
Druk op die blou skakel hiernaas om aansoek te doen vir jou voertuiglisensieskyf. online.natis.gov.za





