Nadat eenhede van Benylin- pediatriese stroop op 13 April as voorsorgmaatreël herroep is, is geen spoor van diëtileenglikol daarin gevind nie.
Sahpra het Woensdag in ‘n verklaring bekend gemaak eenhede van groepe 329303 en 329304 wat teen die vereiste temperatuur gestoor is, het nie onaanvaarbare vlakke van diëtileenglikol bevat nie.
Die produk is in April herroep vir die nodige toetsing nadat die Nigeriese nasionale agentskap vir voedsel- en medisyne-administrasie en -beheer (Nafdac) in ‘n waarskuwing hoë vlakke van diëtileenglikol aangemeld het.
SAHPRA sê verder daar is geen rekord van enige nadelige reaksies in Suid-Afrika of enige ander land op die vasteland aangemeld in die herroepe groepe wat verband hou met diëtileenglikol nie.
“SAHPRA will continue to closely monitor medical products that have the potential of containing unacceptable levels of diethylene glycol. And we will continue to address safety concerns or quality issues so that the health of the public is protected,” says SAHPRA CEO, Dr Boitumelo Semete-Makokotlela.