MOSSELBAAI, WES-KAAP. – Cinematic Travel SA het ’n foto gedeel van reënboogwolke wat hulle vanmiddag op Mosselbaai afgeneem het.
Volgens hulle was die wolke vir ongeveer tien minute sigbaar.
Hierdie wolke kom slegs in die wintermaande tydens sonsopkoms of sonsondergang voor. Die wolke bestaan uit yskristalle wat as prismas dien en die sonlig in verskeie rigtings versprei, wat dan die veelvuldige reënboogvoorkoms gee.

Bronne: Cinematic Travel SA, ITV

