Brekende Nuus
Nuus

Hidroponiese daggalaboratorium van sowat R12 m. ontdek

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die Valke het Woensdag ’n 34-jarige verdagte op ’n plaas in Magaliesburg in hegtenis geneem in verband met ’n hidroponiese daggalaboratorium waarvan die geraamde waarde R12 miljoen is.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê lede van die Wes-Randse eenheid vir die ondersoek van ernstige georganiseerde misdaad en die Magaliesburg-polisie het op 5 November 2025 ’n deursoekingslasbrief op die plaas uitgevoer. Plante is vir toetsing na die polisie se forensiese wetenskap laboratorium in Pretoria geneem. Met die span se terugkeer na die is die verdagte in hegtenis geneem en is op onder meer ’n kragopwekker, waaiers, chemikalieë en lugbevogtigers beslag gelê.

Die verdagte sal na verwagting vandag (Donderdag) op aanklagte van handel in dagga, die besit van dagga en regsverydeling in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.