Hiëna byt KNP-werker in haar kamer

Lees ook :

Hiëna byt KNP-werker in haar kamer. Foto ter illustrasie: Canva

SUID-AFRIKA. – Die Nasionale Krugerwildtuin het ’n verklaring uitgereik nadat ’n vroulike werknemer glo Donderdagoggend om 02:00 in haar kamer by die Berg-en-Dal-kamp deur ’n hiëna gebyt is.

Die werknemer was glo aan die slaap in ‘n woningseenheid vir personeel toe sy aan die arm gebyt is.

Isaac Phaala, KNP se woordvoerder, het bevestig die werknemer is ná die insident gestabiliseer en na ’n hospitaal vir verdere mediese behandeling gehaas. ’n Veldwagter en sy span het die spore van die hiëna gevolg. Volgens hom moes die hiëna “ongelukkig” van kant gemaak word.

In 2016 was daar ’n voorval waar ’n seun in die Krokodilbrug-kamp deur ’n hiëna gebyt is.

Bronne: Caxton News, SA People, Jacaranda FM

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief