Nog grondboontjiebotter van rakke verwyder

Lees ook :

Nog grondboontjiebotter van rakke verwyder
Nog grondboontjiebotter van rakke verwyder fotokrediet: Canva

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’

Nog ‘n paar handelsname grondboontjiebotter is van winkelrakke verwyder. Dit volg slegs ’n week na Pick n Pay se No Name Smooth Peanut Butter, Eden Smooth Peanut Butter en Eden Crunch Peanut Butter van die rakke verwyder is.

Dischem se Lifestyle 400 g Smooth en Crunchy-grondboontjiebotter, Dischem se Lifestyle 800 g Smooth en Crunchy en Wazoogles Superfoods (alle groottes) is ook nou onttrek.

Dit volg na hoë vlakke van aflatoksien in die grondboontjiebotter gevind is, wat onveilig vir menslike gebruik kan wees.

Die nasionale Verbruikersraad is besig om die verskaffer van die grondboontjiebotter, House of Natural Butters, te ondersoek. Hulle is ook besig om te bepaal of ander handelsname deur die probleem beïnvloed is.

Mense wat die handelsname grondboontjiebotter gekoop het wat herroep is, word gewaarsku om dit terug te neem winkel toe en om nie daarvan te eet nie.

Bronne: Algoa FM, eNCA, Jacaranda FM

Lees ook: Pick n Pay herroep drie handelsmerke grondboontjiebotter

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App