WES-KAAP. – Geordin Hill-Lewis sê 418 000 nuwe poste is reeds sedert die begin van die huidige termyn in Kaapstad geskep. Hy belowe dat nog minstens 500 000 poste oor die volgende vyf jaar geskep sal word indien die DA ’n verdere termyn aan bewind is.
Dié federale leier van die DA, die uitvoerende burgemeester van Kaapstad en die party se burgemeesterskandidaat, sê dit sal volgens hom beteken dat Kaapstad teen 2031 altesaam een miljoen nuwe poste sal hê wat sedert die begin van die huidige termyn geskep is. Hill-Lewis het Vrydag sy More Jobs Pledge by VOYAGE Yachts in Kaapstad bekendgestel, waar hy oor sy planne gepraat het om verdere werksgeleenthede in die stad te skep.
Druk hier om die volledige toespraak te lees.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: