Hoërskool Robertson rou oor afsterwe van twee oudleerlinge

Lees ook :

Foto: Hoërskool Robertson

WES-KAAP. – Twee oud-leerders van Hoërskool Robertson het die afgelope naweek in afsonderlike insidente hul lewens verloor, wat die gemeenskap in rou gedompel het.

Ashwill Sauls, ‘n heelagter vir die Rangers Robertson-rugbyspan, is tydens ‘n vriendskaplike rugbywedstryd op die King Edward-stadion in Montagu noodlottig beseer.

Sauls, wat in 2019 aan Hoërskool Robertson gematrikuleer het, het op die veld beswyk. Medelye stroom in vir die geliefde rugbyspeler, en ‘n gedenkrit word vir vandag beplan om sy lewe te herdenk.

In ‘n tweede tragiese voorval is Dylan Essau, wat in 2017 aan dieselfde hoërskool gematrikuleer het, oorlede. Die skool en die gemeenskap van Robertson het hulde gebring aan beide oud-leerders, wie se nagedagtenis sal voortleef.

Gershwin Windy het die volgende plasing op sosiale media oor die afsterwe van Essau gedeel:

Dylan Esau 🕊

Ek is so jammer dat jy dit moes doen.

Ek is so jammer oor jou pyn en trane.

Ek is so jammer dat ek nie gereeld kon opcheck nie.

Ek is so jammer, net vir die feit dat jy vir my altyd op skool kon opkom en bystaan.

Ek is so jammer dat ek geglo het jy is die sterker persoon.

Ek was op skool geboelie, beledig of sleggesê dan kon jy opkom.

Ek het geglo jy is die sterker persoon oor jou confidence.

Ek is so jammer dat ek nie vir jou kon opkom nie.

Jy het moed verloor Dylan.

Jy het jou eie lewe geneem, want jy wil wegkom en vergeet van alles, die seer woorde, die trane, die pyn, die emosies.

Ek is so TROTS op jou lewensreis na skool, die studies, die kwalifikasies, so trots en uitgesien op die plekke, restaurante waarna jy gereis het. Jy het gelewe vir gasvryheid en die buitelug.

Gister se besoek aan jou ouerhuis, dit het soveel mooi skoolmemories teruggebring. Ons as vriendekring, vanaf Graad 8 kon dit met hulle deel, al ons geheime, video’s en waar ons verkeerd gegaan het. Ek is so dankbaar dat jy deel van my hoërskoolloopbaan was. So dankbaar dat jy my altyd so beledig en sê ek sal moet begin opkom vir myself, en my mond rek.

Ons harte is gebreek. Ons is stukkend. Niemand kan ooit vrede maak as ‘n geliefde mens jou ontval nie. Dylan, ons gaan jou vreeslik mis! Rus sag vriend. Ons gebede gaan uit na jou ouers, susters en die res van die familie.

Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het oor selfdoodgedagtes, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.

Bronne: Villagers Worcester RVK Rugby en Verwante Nuus, Hoërskool Robertson

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App