Hoërskoolleerling sterf, glo ná peuselhappies uit spazawinkel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Gr. 10-leerling van Hoërskool Orange Farm het Saterdag gesterf, nadat sy glo peuselhappies afkomstig van ‘n spazawinkel naby haar huis geëet het.

Steve Mabona, onderwyswoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Matome Chiloane, die LUR, het ouers, leerders en gemeenskapslede gewaarsku om met die aankoop van voedsel versigtig te wees en om nie van ongemagtigde voedselverkopers te koop nie.

Die meisie het siek geword ná sy geëet het en is na ‘n plaaslike kliniek geneem waar sy dood verklaar is. Die voorval is Maandag formeel by die skool aangemeld.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief