Hoethi-rebelle vernietig onderwaterkabels gebruik vir kommunikasie

Lees ook :

Hoethi-rebelle vernietig onderwaterkabels gebruik vir kommunikasie
Hoethi-rebelle vernietig onderwaterkabels gebruik vir kommunikasie fotokrediet: Canva

Lees ook: VK en VSA val weer Hoethi-teikens in Jemen aan

JEMEN. – Die Hoethi-rebelle in Jemen het oor die afgelope paar maande verskeie onderwaterkabels vernietig wat kommunikasie tussen Europa en Asië onderbreek het.

Hulle het verlede week vier kabels wat met duikvaartuie kommunikeer tussen Saoedi-Arabië en Djiboeti beskadig.

Die Jemen-regering het gewaarsku die Hoethi’s teiken ook internetkabels in die Rooi See. Hulle het gesê die kabels behoort aan AAE-1, Seacom, EIG en TGN.

EIG se kabels help suidelike Europa om te kommunikeer met Egipte, Saoedi-Arabië, Djiboeti, die UAE en Indië. Die TGN-kabel word deur China gebruik om deur Pakistan en Katar met die weste te kommunikeer.

Seacom se kabel verbind Europa, Afrika, Indië en Suid-Afrika.

Dit kan weke neem om die kabels te herstel en dit sal gevaarlik wees aangesien die rebelle aanhou met aanvalle loods.

Bronne: New York Post, Tech Spot, Data Center Dynamics

Lees ook: VK en VSA val weer Hoethi-teikens in Jemen aan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief