Hof beslis na verwagting vandag oor Nandipha Magudumana se uitleweringsaak

Lees ook :

Hof beslis na verwagting vandag oor Nandipha Magudumana se uitleweringsaak fotokrediet: X

BLOEMFONTEIN. – Die hoogste hof van appèl sal waarskynlik vandag ’n beslissing lewer in dr. Nandipha Magudumana se aansoek om haar uitlewering van Tanzanië onwettig te laat verklaar.

Lees ook: Thabo Bester-saak tot Julie uitgestel

Magudumana se regspan het die aansoek in Junie by die hoogste hof van appèl ingedien ná die Vrystaat-hooggeregshof haar saak oor die uitlewering van die rol geskrap het.

Sy en moordenaar Thabo Bester is in April 2023 van Tanzanië na Suid-Afrika uitgelewer ná Magudumana Bester glo gehelp het om uit die tronk te ontsnap.

Magudumana het beweer sy is onwettig aan Suid-Afrika uitgelewer. As die regter in haar guns beslis, kan sy moontlik vrygelaat word.

Magudumana word aangekla van bedrog, korrupsie, regsverydeling en die skending van ‘n lyk. Die saak teen Thabo Bester, Magudumana en hulle mede-beskuldigdes is tot 21 Julie uitgestel.

Bronne: eNCA, Jacaranda FM, X

Lees ook: Thabo Bester-saak tot Julie uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief