Hof bevind sentrale vuurwapenregister tree onwettig op

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die Hooggeregshof het beslis dat die sentrale vuurwapenregister (SVR) onwettig opgetree het deur vuurwapen- en handelaarlisensie-aansoeke te vertraag, of effektief sonder behoorlike regsgrond te weier.

Ian Cameron, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, sê die uitspraak is ’n ernstige aanduiding dat daar sistemiese probleme binne die SVR bestaan. Hy verwys na die sogenaamde Marksman Arms-uitspraak en sê die hof het bevind dat administratiewe optrede buite die raamwerk van die wet plaasgevind het, insluitend veranderde vereistes, nuwe kriteria sonder statutêre grondslag en besluite wat nie aan prosedurele billikheid voldoen het nie.

Die uitspraak plaas die optrede van brig. Sikhakhane, hoof van die Sentrale Vuurwapenregister, onder die vergrootglas. Die hof het bevind dat sogenaamde “kapasiteitstekorte” en administratiewe agterstande nie as wettige verskoning kan dien vir die versuim om wetlike pligte na te kom nie. Cameron sê wanneer ’n hof moet beklemtoon dat staatsamptenare slegs die bevoegdhede mag uitoefen wat deur die parlement aan hulle verleen is, dui dit op ernstige administratiewe tekortkominge. Volgens hom kan openbare veiligheid nie bereik word deur wetlike prosesse te ondermyn nie. Hy meen die uitspraak noodsaak groter toesig, aanspreeklikheid en moontlike hervorming binne die SVR om te verseker dat wetlike vereistes nagekom word en dat die administrasie binne die bepalings van die Wet op Vuurwapenbeheer en PAJA funksioneer.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) sê die uitspraak bevestig wat vuurwapeneienaars en handelaars al jare lank ervaar, dat aansoeke vir lisensies buite wetlike tydraamwerke hanteer is en dat vereistes verander is sonder duidelike magtiging ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer. Die hof het bevind dat sogenaamde “kapasiteitstekorte” nie as verskoning kan dien vir die versuim om wetlike pligte na te kom nie. Staatsamptenare mag slegs optree binne die bevoegdhede wat deur wetgewing aan hulle verleen is. Die uitspraak plaas nou die kollig op moontlike hervorming en groter aanspreeklikheid binne die SVR.

Natshoot sê op sy beurt volgens die uitspraak beteken onvermoë om pligte uit te voer, nie dat die wet opsy geskuif kan word nie. Natshoot sê hulle sal voortgaan om wettige vuurwapenbesit te verdedig, prosedure-regverdigheid te eis en aanspreeklikheid te bevorder.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief