GAUTENG. – Die Hooggeregshof in Noord-Gauteng het ‘n uitsettingsbevel om inwoners wat onwettig op militêre grond in Marievale in die Oos-Rand woon, te verwyder.
Siphiwe Dlamini, die woordvoerder van die SANW, sê die uitsettingsproses sal teen 30 Junie voltooi wees. Die onwettige inwoners moet volgens die bevel deur die SANW gehelp word om te skuif na ‘n plek wat deur die Stad Ekurhuleni geïdentifiseer sal word.
Dlamini sê diegene wat uitgesit word, het tussen 2019 en 2020 geweier om die militêre grond vrywillig te verlaat.
Lees die volledige verklaring hier onder:






