Brekende Nuus
Afrikaans

Hof sal besluit of Donald Trump weer president kan word

Amerikaners sal in Maart kan stem vir die Republikeinse kandidaat vir die presidentskap.

Hof sal besluit of Donald Trump weer president kan word

fotokrediet: Facebook
Hof sal besluit of Donald Trump weer president kan word fotokrediet: Facebook

Lees ook: Donald Trump saak teen VK-maatskappy van rol geskrap

VSA. – Die Amerikaanse hooggeregshof sal binnekort beslis of Donald Trump weer president sal kan word en of hy daarvan weerhou gaan word om weer te probeer.

Die regters sal besluit of state Trump se naam van die stembrief kan verwyder. Daar is bevind hy het deelgeneem aan “rebellie” na hy mense aangemoedig het om die Capitol-gebou te bestorm.

Verskeie state wil Trump se naam van die stembriewe voor 5 Maart laat verwyder. Dit is wanneer Amerikaners sal stem vir die Republikeinse kandidaat vir die presidentskap.

Bronne: BBC, Mail Online, The Guardian

Lees ook: Donald Trump saak teen VK-maatskappy van rol geskrap