Hof weier borg vir rower op parool

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Joseph Malatji (39) wat van onder meer roof met verswarende omstandighede beskuldig word, is deur die Heidelberg-landdroshof borg geweier. Malatji was op parool.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê na bewering het Malatji en nog drie verdagtes, wat steeds op vrye voet is, ‘n voertuig by ‘n verkeersirkel geteiken. Die vroulike bestuurder in ‘n gemerkte maatskappymotor is glo met ‘n vuurwapen gedreig en uit die voertuig gesleep, waarna Malatji en die ander verdagtes glo met twee geldbokse gevlug het.

“Ander motoriste kon daarin geslaag om die beskuldigde te onderbreek en ‘n polisiebeampte wat nie aan diens was nie te stop. Hy het agter die beskuldigde aangejaag.”

Die polisiebeampte het Malatji in ‘n veld naby Heidelberg Mall in hegtenis geneem en na die misdaadtoneel teruggeneem. Malatji is deur die slagoffer geïdentifiseer en het die weggesteekte vuurwapen vir die polisie uitgewys. Hy is ook vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekla.

Nomathemba Lukhele, die staatsaanklaer, het weens Malatji se vorige twee veroordelinge van roof met verswarende omstandighede borg teengestaan. Malatji het volgens Mahanjana die misdade gepleeg terwyl hy tot 2037 op parool was.

“Hy het versuim om te voldoen aan sy paroolvoorwaarde wat hom verbied het om Pretoria te verlaat. Lukhele het verder aangevoer dat indien die beskuldigde op borg vrygelaat word, die gemeenskap hul vertroue in die regstelsel sal verloor.”

Landdros Gerhard Strydom het saamgestem en die aansoek om borg geweier.

“Die saak is tot 3 September 2024 vir verdere ondersoek uitgestel.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App