Hof wys dr. Dion Theys se appèl van die hand

Lees ook :

Foto: Noord-Kaap Gesondheidsdepartement X

Noord-Kaap. – Dr. Dion Theys, wat in op aanklagte van die oortreding van die wet op openbare finansiële bestuur van R13 m. skuldig bevind en gevonnis is, se appèl teen sy vonnis is deur die Kimberley-hooggeregshof afgewys. Hy dien tans as ‘n senior beampte in die premierskantoor.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof het die voormalige hoof van die gesondheidsdepartement in die provinsie op 16 Augustus 2023 op aanklagte teen hom skuldig bevind en gevonnis. Theys het teen sy skuldigbevinding geappelleer en gesê die staat het nie voldoende bewyse om sy skuldigbevinding te staaf nie. Die skuldigbevinding spruit uit drie huurooreenkomste met JP Hugo Trading, van meer as R13 m., sonder om PFMA-voorskrifte en -verkrygingsprosesse te volg.

“Terwyl geen vrugtelose of verkwistende uitgawes bewys is, as gevolg van die tydsberekening van die misdrywe nie, was die skuldigbevinding gebaseer op onreëlmatige uitgawes as gevolg van dr. Theys se optrede.”

Tydens die hofsaak wat reeds op 29 Maart 2022 begin het, is Theys op borg van R30 000 met voorwaardes vrygelaat en hy moes sy paspoort indien.

Vonnisoplegging was ‘n stewige boete van R150 000 of drie jaar tronkstraf. Die vonnis is egter vir vyf jaar tot R100 000 of twee jaar tronkstraf opgeskort. Die boete het R10 000 vanaf 7 September 2023 as eerste betaling vereis, waarna maandeliks R2 000 betaal moes word.

Senokoatsane sê die NVG verwelkom die hooggeregshof se uitspraak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief