KWAZULU-NATAL. – ‘n Hond se toiletmaniere het Sondag tot ‘n fisiese argument tussen bure in Phoenix gelei.
Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep is net na 18:00 ontvang van ‘n man wat glo deur sy buurman aangerand is. Die argument het na bewering gegaan oor die man se troetelhond wat voor die buurman se hek urineer het. Tydens die argument het die buurman glo handgemeen geraak, wat die man se bril laat breek en beserings aan sy oog veroorsaak het.
Familielede het tussenbeide getree en die man vir mediese hulp uit die situasie verwyder.
Rusa sê ‘n kriminele klag is ingedien.





