Honde-eienaar stap ekstra myl vir siek hond

Lees ook :

Chanté en Milo. Foto: Cape of Good Hope SPCA

GRASSY PARK, KAAPSTAD. – Chanté van Rooyen het diereliefhebbers se harte warm gemaak met die ekstra myl wat sy letterlik vir haar siek hond gestap het.

Sy het vir vyf dae daagliks ’n uurlange staptog tot by die Cape of Good Hope-dierebeskermingsvereniging vanaf haar woning in Grassy Park aangepak om haar geliefde Milo die nodige mediese behandeling te laat kry.

Milo is met die parvovirus gediagnoseer. Dit is ’n gastro-intestinale siekte wat sy lewe in gevaar gestel het.

Sy het selfs ’n rolstoel ingespan om die hitte vir Milo draagliker te maak deur hom op die sitplek te sit en te stoot. Sommige inwoners het gesê die hitte is te uitmergelend vir Milo, maar Chanté het geen ander opsie gesien nie.

Milo het die nodige mediese sorg gekry en sterk tans goed aan.

Bronne: Good Things Guy, Cape of Good Hope SPCA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief