Honde glo geslag en vleis verkoop

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Die Kimberley-dierebeskermingsvereniging (DBV) het Maandag ‘n klagte van beweerde onwettige slag van twee honde in Jacksonville ondersoek. Die vleis is glo aan die gemeenskap verkoop.

Volgens die DBV het die man na bewering die honde wat aan ‘n familielid behoort, geslag. Die vleis is daarna valslik as varkvleis verkoop. ‘n Soektog het twee koppe, pote en vel van die honde opgelewer. Die DBV het bevestig die foto’s wat geneem is, is te grafies en ontstellend om te deel.

Die verdagte se naam en adres is bekend, maar hy kon nog nie opgespoor word nie. Volgens die DBV soek die polisie na die verdagte

Die familielid is ontsteld oor die verlies van die troeteldiere.

“Kimberley-DBV is diep ontsteld oor hierdie verskriklike voorval. Wanneer sal die lyding van diere in die hande van mense eindig? Ons sal nie rus totdat hierdie oortreder aangekla is nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief