Hondsdolheidvoorval in Wes-Kaap bevestig

Lees ook :

Hondsdolheidvoorval in Wes-Kaap bevestig. Foto ter illustrasie: Canva

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Een geval van hondsdolheid is in die Capri-gemeenskap in die Wes-Kaap bevestig. Nog ’n moontlike geval word ondersoek.

Volgens Cape of Good Hope SPCA het twee honde uit dieselfde huishouding positief vir die virus getoets. Die honde is by ’n privaat veearts genadedood toegedien. Nog ’n geval word ondersoek.

Die Cape of Good Hope SPCA in samewerking met die staatsveearts dien proaktiewe immuniserings aan diere in die spesifieke area toe om die verspreiding van die virus te verhoed.

Hondsdolheid is ’n dodelike virale siekte wat meestal van diere na mense oorgedra word. Dit word hoofsaaklik deur ’n byt oorgedra. Die immunisering van troeteldiere is die mees effektiewe manier om diere en mense teen die siekte te beskerm.

Bron: Cape of Good Hope SPCA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief