HONGARYE. – Die regering van Hongarye het aangekondig dit gaan van die Internasionale Geregshof onttrek na Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, die land besoek het. Hongarye is ’n stigterslid van die Internasionale Geregshof.
Lees ook: Israel van plan om militêr in Gaza uit te brei en ‘groot dele’ van die gebied oor te neem
Hongarye se eerste minister, Viktor Orban, het Netanyahu in November genooi vir ’n staatsbesoek na ’n lasbrief vir Netanyahu se inhegtenisneming deur die IG uitgereik is. Orban het gesê die lasbrief sal “geen effek” op sy land hê nie.
Die IG het ’n lasbrief uitgereik na dit bevind het Netanyahu het ’n “kriminele verantwoordelikheid” vir beweerde oorlogsmisdrywe en misdrywe teen die mensdom tydens die oorlog tussen Israel en Hamas. Netanyahu het die hof “anti-semities” genoem en die aanklagtes ontken.
Bronne: BBC, CNN, The Independent
Lees ook: Israel van plan om militêr in Gaza uit te brei en ‘groot dele’ van die gebied oor te neem
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





