Hoogste hof in VK beslis ’n vrou is ‘n vrou oor biologiese geslag

Lees ook :

Hoogste hof in VK beslis ’n vrou is slegs ’n ‘biologiese vrou’ volgens wet fotokrediet: Canva

VK. – Regters in die VK se hoogste hof het beslis ’n vrou word volgens die gelykheidswet wetlik gedefinieer deur biologiese geslag.

Lees ook: Duitse dokter aangekla van moord op 15 pasiënte

Dit volg na die For Women Scotland-groep ’n hofsaak teen die Skotse regering gebring het dat geslagsbaseerde beskerming slegs moet geld vir persone wat as vroue gebore is. Die regering het gesê transgender persone met ’n geslagserkenningsertifikaat is geregtig op dieselfde beskerming as biologiese vrouens.

Die hof het beslis dat vrouens en geslag in die gelykheidswet verwys na biologiese vroue en biologiese geslag.

Die saak het gevolg na die transgender verkragter Isla Bryson aanvanklik in ’n vrouetronk geplaas is en ‘n vroulike NHS Fife-verpleegster by die indiensnemingstribunaal beswaar gemaak het teen ‘n transgender dokter wat ‘n vrouekleedkamer gebruik.

Bronne: BBC, CNN, Financial Times

Lees ook: Duitse dokter aangekla van moord op 15 pasiënte

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief