Hoop uit die Woord: ʼn Vars bries van verandering

Lees ook :

Hoop uit die Woord

So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe (Esegiël 37:5).

Elke jaar tydens Pinkster word ons herinner aan ‘n verlange wat diep in ons almal roer.

Dit is die verlange na betekenisvolle verandering en vernuwing – die verlange dat daar tog iets in ons eentonige en voorspelbare lewe sal gebeur wat dit met nuwe energie, nuwe vooruitsigte, nuwe vreugdes, ja, nuwe hoop sal vul.

Almal van ons verlang tog daarna dat daar elke nou en dan, by wyse van spreke, só ‘n vars bries in ons lewe sal begin waai.

‘n Bries wat nuwe lewe en opwinding in ons verhoudings sal blaas. Wat ons elke dag met nuwe entoesiasme en vreugde sal laat opstaan om te gaan werk. Ons ook genoeg krag en energie sal gee om die moeilike dinge van ons lewe met groter moed, vertroue en selfs berusting tegemoet te gaan.

LEES OOK: https://nuusflits.com/hoop-uit-die-woord-moenie-alles-glo-wat-jy-dink-nie/

Pinkster herinner ons nie net aan hierdie verlange na verandering nie. Pinkster bevat ook die belofte dat hierdie vernuwing en verandering moontlik is. Gaan lees maar weer Esegiël 37:1-14. Daar hoor ons hoe dooie bene weer lewe kry, hoe verpletterde mense weer opstaan uit hulle ellende en verdriet.

En dit omdat God die vars bries van sy Gees oor hulle – en ook oor jou vandag  – uitgestort het. Jy mag dit maar glo.

Here, dankie dat u gees in ons leef, selfs al sien of glo ons dit nie. Amen

Geskryf deur Carel Anthonissen vir Bybel-Media


Vrywaring: Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Hoop uit die woord is geborgde inhoud deur Boodskap van Vandag. Om elke dag die Boodskap van Vandag te ontvang, kliek hier. Om hierdie inisiatief te ondersteun, kliek hier.

LEES OOK: Boodskap vir Vandag maak ’n impak!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief