Hopevalley-plotmoord – verdagte ook met ‘weermaguniform-items’ in hegtenis

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Sibusiso Christopher Ngwenya (34) is Maandagaand as ‘n persoon van belang, wat vir die Hopevalley-moordsaak gesoek was, deur die polisie in hegtenis geneem. Verskeie items, wat weermaguniform-items insluit, is glo in sy besit gevind.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring Ngwenya was glo op 1 Mei 2025 by Hopevalley Plot 25 in Ferrera naby Bloemfontein toe sy 41-jarige vriend noodlottig geskiet is. Maj.genl. Arthur Peter Adams, Mangaung-metro se distrikskommissaris, het opdrag gegee dat maksimum hulpbronne ingespan word om die skuldiges in die saak op te spoor.

Lt.kol. Sias Smith het ’n span saamgestel wat inligting in Freedom Square opgevolg het. ‘n Huis is deursoek, waar die verdagte aangetref is. Polisiebeamptes het items van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se uniform, ’n leë R4-magasyn, ’n skoonmaakstel vir gewere, 38 lewendige ammunisierondtes en ’n pistool met 14 rondtes in ’n oopgeskroefde mikrogolfoond gevind. Nog 99 rondtes 9 mm-ammunisie en ’n swart balaklawa is ook daar gekry.

Die polisie het ’n saak van besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en vermoedelik gesteelde eiendom geopen. Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief