Lees ook: Israel maak grens oop vir hulp aan Gaza
PRAAG. – Dokters in Praag word nou ondersoek na hulle ’n aborsie op die verkeerde pasiënt uitgevoer het.
Die vrou, wat vier maande swanger was, is na die Bulovka-universiteitshospitaal vir ’n gewone ondersoek. ’n Dokter, ginekoloog, verpleegster en narkotiseur het haar verdoof en sonder toestemming of haar kennis die aborsie uitgevoer.
Die medici het die feit dat hulle haar nie kon verstaan nie vir die fout blameer.
Die polisie ondersoek ’n saak van liggaamlike skade en die medici is geskors. Hulle word deur die hospitaal vir nalatigheid ondersoek.
Die hospitaal het die vrou om verskoning gevra en geldelik vergoed.
Bronne: The Sun, New York Post, Evening Standard
Lees ook: Israel maak grens oop vir hulp aan Gaza




