Huisbrand in Gqeberha eis tienerseun (19)

Lees ook :

Lukhanyo Kwikwi (19) was alleen tuis. Foto's: Luister FM en Instagram

GQEBERHA, OOS-KAAP. – ’n Huisbrand het omstreeks 6:30 in Westering, Gqeberha uitgebreek. Die liggaam van Lukhanyo Kwikwi (19), wat alleen tuis was, is na die brand geblus is, gevind.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van Kabegapark-SAPD, was die oorledene se ma ten tyde van die brand in Kwadwesi.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie, maar ’n voorlopige ondersoek wys dat die brand moontlik in die kombuis ontstaan het. Geen vuilspel word vermoed nie.

Bronne: Luister FM, Algoa FM, SAPD, PE Traffic Updates, X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief