LIMPOPO. – ‘n Huiseienaar het Woensdag omstreeks 11:00 sy opsigter (56) dood in ‘n plas bloed in ‘n woongebied in Polokwabne aangetref.
Brig. Hlulani Mashaba sê in ‘n verklaring volgens ‘n voorlopige verslag is die oorledene op 19 September laas deur ‘n mede-werknemer gesien. Toe die huiseienaar soos gewoonlik opdaag, het hy die hek gedeeltelik oop en die huisdeur wyd oop aangetref. Die huis binne was deurmekaar en die liggaam van die opsigter is in ‘n plas bloed ontdek, met steekwonde oor die liggaam en vasgebind. Paramedici is ontbied, maar hy is op die toneel dood verklaar.
Mashaba sê ‘n multidissiplinêre span van die polisie is ontplooi om die verdagtes wat betrokke was by ’n gewelddadige huisroof en die moord op te spoor.
Die polisie-ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan speur.sers. Joseph Malebane by 072 492 9635 bel.




