‘Huiskoper’ wat egpaar vermoor skuldig aan moord en ander geweldsmisdade

Lees ook :

Foto: CERT

GAUTENG. – Raymond Steven Jan-Erick Smith (37) van Proklamasie Heuwel is deur die Pretoria-hooggeregshof skuldig bevind op twee aanklagte van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede ná Grant James Cantello (27) en Heidi Cantello (27), sy vrou, gesterf toe Smith hulle op 27 Januarie 2025 met ‘n mes gesteek het. Smith het skuld erken.

Lumka Mahanjana, NVG-streekwoordvoerder, sê in ‘n verklaring Smith het ’n huis, wat aan Gerald Cantello (74) en Lilian Janson Cantello (71) behoort, op die internet gesien. Hy het opgemerk dat daar baie televisiestelle en elektroniese toestelle in die huis was en het die agent gebel om ’n afspraak te maak – nie met die doel om die huis te koop nie, maar om te sien wat in die huis is. Smith het die huis op 16 Januarie en weer op 20 Januarie besoek.

Omstreeks 18:00 op die betrokke aand van die misdade het hy teruggegaan met die doel om die egpaar te beroof. Met sy aankoms het die 74-jarige man hom ingelaat en hulle het saam deur die huis geloop. In die gang langs die toilet het Smith hom na binne gestoot en sy hande met ’n kabelbinder vasgemaak. Toe sy vrou kom kyk het wat aangaan, het hy haar ook binnetoe gestoot, vasgebind en ’n rubberbal in albei se monde vasgemaak.

Die jonger Cantello-egpaar, wat op dieselfde perseel gewoon het, het die geskree gehoor en gaan kyk wat aangaan. Smith het hulle met ’n mes gesteek en hulle is op die toneel dood. Die 16-jarige seun van die oorledenes het probeer om sy ma te help en is ook gesteek. Hy het egter daarin geslaag om na sy slaapkamer te hardloop en hulp te ontbied. Smith het ná die misdade van die toneel gevlug en is die volgende dag by sy woning in hegtenis gneem terwyl hy sy bloedbevlekte klere gewas het.

Die saak is vir vonnisverrigtinge tot vandag (Woensdag) uitgestel.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief