‘Huisrower’ deur gemeenskap doodgemaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Beweerde huisrower en inbreker is glo Vrydagoggend in Waalkraal Fase 8 deur gemeenskapslede wat na bewering reg in hul eie hande geneem het, doodgemaak.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het die polisie se voorlopige ondersoek aan die lig gebring die onbekende verdagte, vermoedelik in sy 20’s, het glo Vrydagoggend aan ‘n huis se deur geklop en ‘n klaer met ‘n vuurwapen gedreig. Die klaer kon blykbaar daarin slaag om die deur toe te druk en ‘n fluitjie vir hulp te blaas.

Die gemeenskap het glo die klaer te hulp gesnel en die verdagte gejaag, vasgetrek en aangerand. Hy het glo tydens die aanranding erken hy het dae vantevore by die klaer se huis ingebreek en kruideniersware sowel as ‘n JoJo-tenk gesteel.

Ledwaba sê die saak is egter nooit by die polisie aangemeld nie.

Van die gemeenskapslede het die verdagte wat ernstig aangerand was na die plaaslike polisiestasie geneem waar nooddienste ontbied is. Die man is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Tydens die polisie se voorlopige ondersoek wou hulle die plek waar die gesteelde items na bewering binne-in ‘n voertuig gevind was nagaan, maar met aankoms was daar nie ‘n voertuig of gesteelde items nie. Die polisie het op die speelgoedpistool wat deur die oorledene gebruik was, beslag gelê.

Dennilton-polisiestasie ondersoek sake van moord, huisroof en inbraak.

Enigiemand wat die oorledene kan identifiseer of die verdagtes wat vir die oorledene se dood verantwoordelik is kan opspoor word gevra om Dennilton-speurtak by 082 303 9907 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief