WES-KAAP. – ‘n Pa en dogter (9) word deur Mosselbaai-GKS gesoek. Hulp word deur die polisie gevra om hulle op te spoor.
Sers. Wesley Twigg sê volgens inligting het die pa sy dogter Maandag14 Oktober by die skool op Hartenbos gaan haal en sedertdien is hulle nog nie weer gesien nie.
Enigiemand met inligting, wat weet waar die pa en dogter hulle bevind, kan AO Alistair Rezant by 082 234 3557 bel.





