Hulp gevra om vermiste man op te spoor

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Paul Basson (38), oorspronklik van Wynberg in die Kaap, is sedert Vrydag 7 Junie vermis. Hy is uit sy gehuurde blyplekf verwyder, waarna sy gewese meisie hom gesien het toe hy onderweg werk toe was. Hy het sy werk dieselfde dag verlaat en is nog nie weer opgemerk nie.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die polisie doen ‘n beroep op die publiek om Basson te help opspoor. Hy is op 7 Junie deur sy voormalige meisie as vermis aangemeld toe hy nie van die werk af teruggekeer het nie. Toe hy die laaste keer gesien is, was hy in ‘n bruin denimbroek, grys baadjie, swart skoene en ‘n swart pet geklee.

Enigiemand wat weet waar Basson hom bevind, kan speur.konst. Marcia Mphulenyane by 078 840 8933 bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief