Hummus-produkte as voorsorgmaatreël van rakke verwyder

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Shoprite Holdings het ‘n vrywillige herroeping van sekere Deli-hummusprodukte aangekondig ná mikrobiologiese besmetting in drie lotte gevind is. Die herroeping raak hummusprodukte met verkoopdatums van 10 September en 8 Oktober 2024, insluitend Hummus, Reduced Fat Hummus, Zattaar Hummus, Red Pepper Hummus, en Caramelised Onion Hummus in 300g- en 125g-houers.

“Tydens roetine- kwaliteit toetsing is mikrobiologiese kontaminasie in drie lotte Deli-hummus gevind. As ‘n voorsorgmaatreël word die betrokke lotte, tesame met verwante produkte, herroep.”

Die maatskappy het bevestig dat die produkte landwyd uit Checkers- en sekere OK Food-winkels verwyder is. Shoprite vra verskoning vir enige ongerief aan klante en verseker dat alle produksie by die verskaffer, wat ‘n FSSC 22 000-sertifikaat vir voedselveiligheid het, voorlopig gestaak is.

Klante word aangeraai om nie die betrokke produkte te gebruik nie, maar dit eerder na hul naaste Checkers- of OK Foods-winkel terug te neem vir ‘n volle terugbetaling. Geen aankoopbewys is nodig nie. Vir enige navrae kan klante die kliëntedienslyn by 0800 01 07 09 kontak.

“Die kleinhandelaar se voedselwetenskaplikes en -tegnoloë werk nou saam met sy verskaffer en die Nasionale Verbruikerskommissie aan hierdie vrywillige herroeping.”

“Ons is daartoe verbind om die hoogste standaarde van voedselveiligheid te handhaaf, om te verseker dat slegs produkte van topgehalte ons kliënte bereik,” sê Shoprite.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App