IDAC ontken bewerings dat dit senior polisebeamptes teiken

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die NVG se ondersoekdirektoraat teen korrupsie (IDAC) het sterk gereageer op bewerings dat die eenheid doelbewus senior beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens teiken.

Henry Mamothame, IDAC-woordvoerder, sê die beskuldigings is vals en word verkeerdelik verbind aan die onlangse arrestasie van 12 senior polisiebeamptes, asook die uitreik van ’n dagvaarding aan die nasionale polisiekommissaris oor ’n beweerde onreëlmatige kontrak.

Hy verduidelik dat die ondersoek reeds in 2024 begin het, nadat die polisie se interne ouditafdeling moontlike onreëlmatighede geïdentifiseer en die saak na IDAC verwys het. Volgens hom is die stappe wat geneem is, gebaseer op bewyse wat tydens die ondersoek ingesamel is. IDAC wys ook daarop dat dit verkeerd is om die optrede te koppel aan verrigtinge by die Madlanga-kommissie van ondersoek of ’n parlementêre ad hoc-komitee. Die eenheid sê hy respekteer dié prosesse en sal enige aanbevelings wat daaruit spruit, oorweeg.

Verder waarsku die direktoraat dat sulke bewerings samewerking tussen wetstoepassers kan ondermyn, terwyl gesamentlike pogings nodig is om korrupsie doeltreffend te bekamp. IDAC beklemtoon dat sy werk onder toesig plaasvind en dat ’n regter aangewys is om te verseker dat alles volgens die wet verloop. Die eenheid sê ook die verspreiding van ongegronde aantygings kan die veiligheid van ondersoekbeamptes en hul families in gevaar stel. Mamothame doen ’n beroep op die publiek om die regsproses sy gang te laat gaan en die hofverrigtinge dop te hou, waar alle bewyse uiteindelik getoets sal word.

Hy beklemtoon dat IDAC sy mandaat sonder vrees, guns of vooroordeel uitvoer en sal optree teen enige sake wat na hom verwys word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief