Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood
Ierland, Noorweë en Spanje het aangekondig hulle gaan Palestina vanaf 28 Mei as ‘n staat erken.
Spanje het gesê die besluit om Palestina as ‘n staat te erken, is nie teen Israel gemik nie en is nie ten gunste van Hamas nie, maar ten gunste van vrede.
Ierland se eerste minister het gesê dit is die regte besluit en die enigste pad na vrede.
Minstens 140 ander lande het Palestina reeds as ‘n staat erken.
Israel se minister van buitelandse sake het die besluit gekritiseer en gesê dit wys “terrorisme betaal”.
Hulle het hulle gesante in Ierland en Noorweë vir beraadslaging herroep en gaan ook hulle gesant in Spanje herroep.
Bronne: The Star, BBC, Standard
Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood





