Brekende Nuus
Afrikaans

Immigrante en haweloses uit Parys geskuif voor Olimpiese Spele

Omtrent 50 mense, meestal vrouens en kinders, is van die voorhof verwyder en op ’n bus na ’n tydelike skuiling in Besançon geneem.

Immigrante en hawelose mense word geskuif uit Parys voor Olimpiese Spele

fotokrediet: Canva
Immigrante en hawelose mense word geskuif uit Parys voor Olimpiese Spele fotokrediet: Canva

Lees ook: Kuberveiligheidsmaatskappy betrokke by Olimpiese Spele meld verlies aan

PARYS, FRANKRYK. – Die Franse polisie het die week verskeie immigrante en hawelose mense uit die voorhof van die Paryse stadsaal verwyder ter voorbereiding vir die Olimpiese Spele.

Omtrent 50 mense, meestal vrouens en kinders, is uit die voorhof verwyder en op ’n bus na ’n tydelike skuiling in Besançon geneem.

Noodhulpwerkers het hulle kommer uitgespreek dat die mense verwyder word sonder dat hulle van ’n langtermyn skuiling voorsien word.

Baie van die families wat verwyder is, kom van Afrika-lande waar Frans gepraat word, soos Burkina Faso, Guinee, die Ivoormus en Senegal.

Die Olimpiese Spele begin op 26 Julieen duur tot 11 Augustus en dan is die Paralimpiese Spele van 28 Augustus tot 8 September.

Bronne: MenaFN, Business Insider Africa, AP News

Lees ook: Kuberveiligheidsmaatskappy betrokke by Olimpiese Spele meld verlies aan