GAUTENG. – Vermeende inbrekers is onlangs uit die dak van ‘n huis gehaal, nadat ‘n inwoner glo gesien het toe hulle by ‘n huis in Verwoerdpark in Alberton inbreek.
CPS Security sê die operasionele sentrum van dié diens het ‘n oproep ontvang, waarna reaksie en taktiese eenhede na die toneel reageer het. Met aankoms is geforseerde toegang tot die huis opgemerk. Die huis is deursoek en daar is vasgestel dat die verdagtes in die dak wegkruip. Die Alberton-polisiestasie is gebel, waarna die verdagtes gearresteer is.
Die verdagtes het glo gesteelde items van die huis uitgewys.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





