Lees ook: Eerste entstof teen a-pokke vandag in Kongo afgelewer
INDIË. – Indië het gister die eerste moontlike geval van a-pokke in die land aangemeld.
Die pasiënt is ’n jong man wat onlangs gereis het na ’n land waarin daar tans ‘n uitbraak van a-pokke is. Hy is tans stabiel in ‘n hospitaal in isolasie.
A-pokke is in Augustus deur die WGO as ’n nasionale gesondheidsnoodgeval verklaar. Die Republiek die Kongo het tans die grootste uitbraak met ongeveer 18 000 gevalle. Die eerste dosisse entstof teen die siekte is Donderdag per vliegtuig in die Kongo afgelewer en nog 200 000 sal dié week afgelewer word. ’n Veldtog om die bevolking in die Kongo in te ent, sal na verwagting op 2 Oktober begin.
Bronne: DW – South Africa, The Independent, India Today
Lees ook: Eerste entstof teen a-pokke vandag in Kongo afgelewer





