GAUTENG. – ‘n Informele skuiling vir herwinnaars van afval in Sunnyside, Pretoria, is Saterdagmiddag in ‘n brand vernietig.
Tebogo Maake, vir die Stad Tshwane se nooddienste, sê inligting oor ‘n “vullisbrand” is net voor 17:00 ontvang. Met aankoms van die brandweerwa het die brand reeds na die skuiling op die hoek van Wessels- en Valleistraat versprei. Meer brandweerwaens, toerusting en brandbestryders is na die toneel ontbied.
Alhoewel geen sterftes of beserings aangemeld is nie, is ongeveer 100 inwoners deur die brand geraak. Die eienaar van die skuiling het alternatiewe verblyf gereël en Rampbestuur het komberse voorsien.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





