Innibos-feesgangers aangemoedig om verantwoordelik te bestuur

Lees ook :

Foto: Innibos

MPUMALANGA. – Terwyl die jaarlikse Innibos-fees tussen 3 tot 6 Julie duisende mense na Mbombela (voorheen Nelspruit) lok en ’n positiewe bydrae tot die plaaslike ekonomie lewer, word daar gewaarsku teen die gevare van padongelukke wat die feeservaring negatief kan beïnvloed.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits feesgangers wat reis, word versoek om padverkeersreëls te gehoorsaam. Die volgende wenke is aan padgebruikers gerig:

  • Beplan jou roete so dat jy voldoende kan rus.
  • Pas jou bestuurswyse aan volgens heersende toestande, insluitend weer en padwerke.
  • Verseker dat jou voertuig padwaardig is.
  • Maak seker jou voertuig is verseker en dat jy padbystand het in geval van noodgevalle.
  • Wees altyd bereikbaar per selfoon tydens reis.
  • Moenie rylopers oplaai nie, aangesien dit jou kwesbaar kan maak vir kaping.
  • Reis waar moontlik gedurende die dag.
  • Verminder spoed tydens nat weer en op onbekende paaie.
  • Moenie teksboodskappe stuur terwyl jy bestuur nie.
  • Handhaaf ’n veilige volgafstand.
  • Skakel hoofligte aan in ongunstige weerstoestande.
  • Maak seker dat veiligheidsgordels gedra word en dat kinders in toepaslike kinderveilige stoeltjies vervoer word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief